SportSport

Gimmie kolwer is top lopiemaker by Jansen Gimmiekrieketfees

Ulrich Botha skitter met 232 lopies in die Jansen-Gimmiekrieketweek.

Die Jansen Gimmiekrieketfees, wat van 23-27 September plaasgevind het, was weereens ’n getuigskrif van uitstekende skolekriekettalent in die land, met 15 skole wat op Potchefstroom toegesak het.

Die gasheerskool, Potchefstroom Gimnasium, het hul goed van hul taak gekwyt in die grootste 50-boulbeurte-witbalkrieketfees in die land.

Wedstryde het op agt velde regoor Potchefstroom plaasgevind. Skole soos Helpmekaar, Westville, Durbanville, Rondebosch en KES was deel van die topskole wat hul sterre na Potch gebring het.

Gimmies se aanvangskolwer, Ulrich Botha, was in ’n klas van sy eie en het 232 lopies aangeteken – die meeste in die toernooi.

Botha het veral verwoesting teen Stellenberg gesaai in ’n 283-lopie-oorwinning. Botha het 145 (122) aangeteken in Gimmies se totaal van 344/5 in 50 boulbeurte. Stellenberg word vir 61 almal uitgeboul. Hier neem Thloni Thabatha 4/21.

Wico Cato speel ‘n dryfhou. Foto: Wouter Pienaar

Gimmies behaal ook ’n goeie wen teen Helpmekaar met vyf paaltjies danksy Adriaan van Niekerk se 3/31 en Wico Cato se 50 (82 balle). Helpmekaar word vir 168 uitgeboul, voordat Gimmies die teiken in 34.1 boulbeurte bereik.

Gimmies klop ook Steyn City met ses paaltjies in ’n wedstryd waar die boulers groot skade aanrig. Van Niekerk spog met 4/30, terwyl die draaier Henré Cronjé 2/6 neem om Steyn City vir 110 uit te boul.

Botha behaal ’n onoorwonne 51* (56) teen Wesvalia, met Bernard Judels wat 3/8 met sy wegbreekballe neem. Wesvalia maak 109/9 en Gimmies behaal die teiken met sewe paaltjies.

Die skole wat aan die fees deelgeneem het, is:

  • Helpmekaar
  • Westville
  • Durbanville
  • KES
  • Steyn City
  • Rondebosch
  • Stellenberg
  • Trio
  • Northwood
  • Diamantveld
  • Hans Moore
  • Leeuwenhof Akademie
  • Potchefstroom Gimnasium
  • Wesvalia

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button