Gimmies kou harde bene teen Liggies
Gimmies se rugbyspanne het 'n moeilike eerste rondte van NWU prestigereeks wedstryde teen Lichtenburg gehad.
Gimmies se eerste groot toets van die 2024 NWU Prestigereeks het die afgelope naweek teen Lichtenburg plaasgevind.
Gimmies se rugbyspanne het ‘n moeilike eerste rondte van NWU prestigereeks wedstryde teen Lichtenburg gehad.
Alhoewel die eerste rugbyspan vir meer as die helfte van die wedstryd voor was, was Liggies daardie klein bietjie fikser om die oorwinning te beklink. Lichtenburg het die wedstryd 39 – 19 gewen.
Volgens Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies se eerste rugbyspan, het die feit dat hulle nie enige voorseisoen wedstryde gespeel het nie, aan die einde teen hulle getel.
“Ons wedstrydfiksheid het ons bietjie gevang. Ons was vir sowat 65% van die wedstryd voor. Ons het goed begin, daar is baie positiewe dinge wat ons uit die wedstryd kan vat, so ons is glad nie in sak en as nie,” het Botes gesê.
Nog ‘n moeilike toets wag komende naweek vir Gimmies teen die Anker van Brakpan.
Dié span is altyd baie fisies en die manne in blou sal hard moet hard om die Brakpanners te uitoorlê. Dit is gelukkig ‘n tuiswedstryd vir Gimmies.



