Sport

Volkies ongelukkig om nie wen teen Marais Viljoen te kry nie

Volkies dra die buiteperd etiket met trots

Volkies was beslis die buiteperd in hulle eerste NWU Prestigereeks ontmoeting teen Marais Viljoen Saterdag, 9 Maart.
Dié skool van Alberton speel in die Noordvaalbeker-afdeling, die top liga vir skole noord van die Vaalrivier. Volkies het uit hulle velle gespeel en slegs ‘n laaste onderskep drie van die Albertonners het Volkies se hoop vir ‘n wen gesink. Volkies het die wedstryd 17- 28 verloor.
Die manne in rooi het ook ‘n sleutelspeler verloor na Francois Smit sy been in die wedstryd gebreek het.
Die vorige week het hulle met ‘n sterk Heidelberg Volkies afgereken. Of dit die buiteperd effek of hulle tuisveld is, dinge lyk goed vir Volkies vir die Noordvaal liga wat in Mei begin.
Volkies se volgende uitdaging lê voor in die vorm van Zwartkop van Centurion. Hierdie keer speel Volkies weg. Hulle is steeds die buiteperd vir dié wedstryd, maar dit is dalk ‘n etiket wat Mighael de Beer se troepe met trots gaan dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button