Lifestyle

‘Steelpoints’ en ‘lip-stiek’ is hoe sy rol

Oor naweke dra sy grimering en hakskoene.

Oor naweke dra sy grimering en hakskoene.
Sy geniet dit om te wys wie is baas by die potspeltafel (pooltafel) en om saam met haar vriendinne uit te gaan.
Maar wat Lizette van der Merwe (29), anders maak as die alledaagse vrou, is dat sy dit nog meer geniet om motorenjins uitmekaar te haal en haar hande vol olie te kry.
Lizette werk in ‘n wêreld wat gewoonlik deur mans gedomineer word, maar kan by enige manlike werktuigkundige byhou.
Sy werk reeds vir etlike jare in haar pa se onderneming, TM Cylinder Heads in Potch Industria.
Sy doen alles van ontvangs, administrasie, swaar voorwerpe ronddra en ook om vir mans te sê wat fout is met hul motorenjins.

DSC_0126
“Dis altyd vir my snaaks as ek vir ‘n kliënt sê wat fout is met die enjin, en daarna gaan hy na een van die mans in die werkswinkel en vra hom ook net om seker te maak.”
Sy sê dis vir haar soms moeilik om in mans se geselskap te wees en nie haar opinie oor een of ander meganiese onderwerp te gee nie.
“Mense stereotipeer gewoonlik teen my. Hulle dink ek is butch of lesbies,” sê sy. Hierdie vrou stel wel belang in mans – alhoewel hulle sukkel om by te bly.
Sy is nie ‘n pop nie. Geen pop sal kan doen wat sy doen nie, maar sy is ook nie macho nie. Sy is net ‘n jong vrou wat meer weet van enjins as die meeste mans.
“Ek is een van die min girls wat dit love om haar hande vuil te maak,” sê sy. Alhoewel sy met swaar voorwerpe werk en gereeld vol olie word, weier sy telkens om ‘n oorpak aan te trek.
“Ek verkies om met jeans en staalpunt skoene te gaan werk,” sê sy. “Ek bly maar net ‘n vrou.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button