Potch Dorp wen Leeustryd
Potchefstroom Dorp Rugbyklub lyk of hulle weer in goeie vorm en slaggereed is hierdie seisoen, met oortuigende oorwinnings oor Leeudoringstad vir beideeerste- en tweedespanne op die Leeutjies se velde. Die eerstespan het 21-15 gewenterwyl die tweedespan met 15-10 baas was. Ongeag dat hierdie ’n wegwedstryd vir Dorp se eerstes was, het hulle heel tuis gelyk …
Potchefstroom Dorp Rugbyklub lyk of hulle weer in goeie vorm en slaggereed is hierdie seisoen, met oortuigende oorwinnings oor Leeudoringstad vir beideeerste- en tweedespanne op die Leeutjies se velde.
Die eerstespan het 21-15 gewenterwyl die tweedespan met 15-10 baas was. Ongeag dat hierdie ’n wegwedstryd vir Dorp se eerstes was, het hulle heel tuis gelyk met bal in hand en ook rotsvas in verdediging.
Dit was juis dié verdediging en fiksheid wat Leeudoringstad se taak moeilik gemaak het. Potch Dorp se linkervleuel, Johan Kok, het talle kere die lyn gebreek en ’n welverdiende drie ingepalm. Agtsteman, Fredrik Marais en die losskakel, Deon van Zyl het ook agter die pale gekuier. Van Zyl het met drie doelskoppe geslaag vir sy eie totaal van 11 punte.



