Editor's note

Red ons mooi eikebome

Potchefstroom was nog altyd baie trots op sy geskiedenis. Deel hiervan is sy historiese geboue en sy besondere eikelaning met bome wat dateer uit 1863.

Potchefstroom was nog altyd baie trots op sy geskiedenis. Deel hiervan is sy historiese geboue en sy besondere eikelaning met bome wat dateer uit 1863.
Soos blyk in ons berig oor die Eikelaan is die bome primêr onder druk as gevolg van te min water sedert die afskaffing van leiwater.
’n Groot eikeboom het baie water nodig. Hulle kan tot byna 190 liter water per dag gebruik.
Die meeste spesies kan meer as 200 jaar oud word en ’n eikeboom wat tydens die bewind van King John in Engeland geplant is, het 800 jaar oud geword.
Dit is die nasionale boom van Amerika, Engeland, Frankryk, Duitsland, Latvia, Poland en Serbia.
Potchefstroom is soos Stellenbosch bekend vir sy eikebome en onlosmaaklik deel van die stad soos die res van sy kultuur-histories erfenis. Dit is boonop ’n toeriste-aantreklikheid wat nie onderskat moet word nie. Verskeie plekke se name is gekoppel aan die eikebome, soos onder meer die Akker koffiehuis op die Bult. Ironies dat dit juis skuins oorkant dié koffiehuis is waar een van die bome besig is om te vrek.
Ons kan nie toelaat dat die Eikelaning ’n stadige dood te sterf nie. Dit is goeie nuus dat Erfenis Potchefstroom ’n projek beplan om die bome te red. Hoewel die stadsraad in die verlede dooie bome met jonges vervang het, sal meer as dit gedoen moet word om die bome te versorg. Die gemeenskap, veral dié wat in of naby die Eikelaning woon, sal betrokke moet raak om dié bome hul eie te maak.
Die Universiteit sal ook hulp benodig om behoorlik navorsing oor die bome en die toestand waarin hulle is, te doen. Hiermee behoort die stadsraad te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button