LifestyleSponsored

Markwisselvalligheid – geleentheid of ’n strik?

Slegte ekonomiese nuus is deesdae aan die orde van die dag. Dit word ook in plaaslike en internasionale aandeelpryse weerspieël. Daaglikse skommelings in aandeelpryse van meer as 10% is nie

Slegte ekonomiese nuus is deesdae aan die orde van die dag. Dit word ook in plaaslike en internasionale aandeelpryse weerspieël. Daaglikse skommelings in aandeelpryse van meer as 10% is nie ongewoon nie.
Dis natuurlik om te wonder of hierdie prysskommelings nie dalk ‘n geleentheid skep vir beleggers nie? Dit is egter belangrik om te onderskei tussen spekulante en beleggers.
Spekulante poog om op korttermyn prysbewegings te kapitaliseer. Om die kuns van spekulasie te bemeester vereis tyd, toewyding, aanvoeling en geduld. Dis ’n feit dat bitter min mense suksesvol spekuleer, ongeag die bateklas. Hetsy dit aandele, vee of eiendom is.
Beleggers het egter ‘n langtermyn siening en steur hul minder aan prysbewegings oor die korttermyn. Beleggers fokus op onderliggende waarde van ‘n maatskappy, met ander woorde faktore soos kontantvloei, kwaliteit van bestuur, winsvooruitsigte en dies meer.
Begin deur jou eie posisie te ontleed. Neem die volgende in ag – lewenstandaard (maandelikse uitgawes), kapitaal beskikbaar, jare tot beplande aftrede, aantal afhanklikes en vlak van gesondheid. Die belangrikste besluit wat jy moet neem is met hoeveel risiko jy kan saamleef. Sommige mense het ‘n hoë risiko-aptyt, maar kan dit hoegenaamd nie bekostig nie. Ander het weer ‘n relatief lae risiko-aptyt maar kan wel bekostig om ‘n effens hoër risikoprofiel te aanvaar.
Die fout wat die meeste mense maak is om nie by hul beplanning te hou nie. Waarom ‘n padkaart uitwerk en by die eerste, beste afdraaipad van rigting te verander?
‘n Gesoute aandelefondsbestuurder se beleggingshorison is drie tot vyf jaar. Die gesegde, die oog van die boer maak die skaap vet, mag wel op die plaas geld, maar is nie noodwendig van toepassing op die aandelemark nie.
Dit is juis vanweë die geweldige druk op wêreldmarkte en Suid-Afrikaanse batepryse dat Jenwil jaarliks die Welvaartkongres in Potchefstroom aanbied. Kom luister gerus na Hannes van der Westhuyzen, direkteur en hoof van rentedraende beleggings by Truffle Asset Management, as een van die sprekers op Donderdag, 19 September by The Roots. Hoewel die geleentheid gratis is, is besprekings noodsaaklik. Bespreek u sitplek of rig navrae aan potch@jenwil.co.za of Susan by 082 048 6309. Die glansgeleentheid word aangebied in samewerking met Potchefstroom Herald en The Roots ten bate van Vessels of Mercy, ‘n nie-winsgewende organisasie in Potchefstroom wat hul toespits om kinders en babas wat in die pleegsorgproses ingaan, by te staan en te ondersteun.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button