Volkies se eerste hokkiespan het hul seisoen sterk afgesluit met ‘n afgehele vyfde plek by die Noordvaal o19B-toernooi wat by Hoërskool Kempton Park vanaf 30 Julie – 1 Augustus plaasgevind het.
Volkies was saam met Transvalia en Randburg in Poel D. Volkies het vir hierdie toernooi gekwalifiseer nadat hul vierde in Noordwes geëindig het.

Zacharias le Roux, Rynhardt Cordier, Michael Devenish, Leslie Jackson (Jnr), Nicholaas Moolman, Ewan Wolmarans, Jayden van Dyk en Christiaan van der Heever het hulle laaste wedstryd vir Volkies as matrieks gespeel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



