Laerskool Baillie Park se o13A seunshokkiespan het hulle seisoen op ‘n perfekte wyse begin met ‘n fantastiese eerste plek by die TRIO Hokkietoernooi in Kroonstad vandag (10 Augustus).
In yskoue toestande het Baillies se jong manne vir St. Dominic’s College met 1-0 geklop in die eindstryd om die trofee te lig.
Righardt Maree, Aldo Viljoen en Max de Kock is ook vir die TRIO-toernooispan gekies na hul al drie uitstekende toernooie beleef het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



