Local newsNewsNews

Helikopter ingespan om brande te blus

Hierdie helikopter het op Sondag, 9 Augustus, in Potchefstroom gearriveer om tydens die brandseisoen te help.

Groot veldbrande het vandag in die omgewing van die JB Marks Waterwerke en by Dagbreek Estate uitgebreek, wat danksy die spoedige werk van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging geblus is.

Die tydsberekening van die Bell 407-helikopter kon nie beter gewees het nie. Hierdie helikopter het op Sondag, 9 Augustus, in Potchefstroom gearriveer om tydens die brandseisoen te help. Die emmer kan tot 450 liter water per slag hou, iets wat vandag baie handig te pas gekom het.

Die Bell 407-helikopter besig om die brand te blus.

“Ons moes weer die helikopter teen ons koste aktiveer, anders het die dorp nie water gehad nie en sou die geboue en kraginstallasie gebrand het. Alles is nou egter geblus,” het dr. Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging, genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button