Local newsNewsNews

Dienssentrum met ‘n nuwe bussie geseën

Die Potch gemeenskap het die Dienssentrum se nood raakgesien en weer bewys dat omgee diep gewortel is.

Die Potchefstroom Dienssentrum het sedert 11 Mei nie ‘n gespesialiseerde bussie gehad om inwoners mee te vervoer nie, nadat hul bussie in ‘n ongeluk afgeskryf is.

95 dae later lyk dinge baie rooskleurig, want op Vrydag, 14 Augustus het die droom van ‘n nuwe bussie ‘n realiteit geword. Dit na die gemeenskap en verskeie borge hande gevat het om fondse vir die bussieprojek in te samel.

‘n Groot rolspeler was Agreenco wat die bussieprojek oorgeneem het en verseker het oor die 250 mense in die gemeenskap weer hul gunsteling aktiwiteite en afsprake kan bywoon.

Die Potchefstroom Dienssentrum se nuwe bussie. Foto: Potchefstroom Dienssentrum/Facebook

Die Potchefstroom Dienssentrum is baie opgewonde oor die splinternuwe bussie wat ‘n massiewe verskil in die lewe van talle bejaardes maak.

“Julle ongelooflike vrygewigheid beteken vir ons meer as wat woorde kan beskryf. Hierdie bussie gaan ’n direkte verskil maak in die lewens van ons bejaardes – dit gee hulle die geleentheid om makliker en veiliger deel te neem aan uitstappies, aktiwiteite, sosiale geleenthede en die gemeenskap,” het die Potchefstroom Dienssentrum op hul Facebookblad genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button