BRIEF: Tannie Zille! Kom kyk wat (nie) in Randfontein aangaan!
Inwoner skryf dat padtoestande en swak dienslewering só frustrerend geraak het dat hulle voorstel Helen Zille moet kom kyk wat in Randfontein aangaan.
• Anoniem skryf:
Ons as inwoners van die omliggende gebiede wil graag ons misnoë te kenne gee met die toestand van die pad tussen Finsbury en Helikonpark.
Ongeskoolde werkers gooi daagliks die pad nat met vermoedelik rioolwater want daar is nie enige ander water beskikbaar nie. Grond word aan die kant van die pad uitgegrou om die gate op te vul. Dis moontlik dat die pad kan ingee na erge reën. Sementblokke word in die pad geplaas om die werkers raak te sien wat ook ‘n risiko inhou.
LEES OOK: Benns’ search comes to a heartbreaking halt
Somtyds kan verkeer van beide rigtings net een baan gebruik. Dit is regtig onaanvaarbaar vir ons as belasting betalers om sulke paaie te moet gebruik. Sekere kleinhoewes, Hillside, Rikasrus, Vleikop, ens, kry geen munisipale dienste nie, maar moet elke maand grondbelasting betaal! ‘n Korting word gegee omdat daar nie riooldienste en vullisverwyderingsdienste is nie; dis nie eers genoeg om vir privaat dienste te betaal nie!
Wat word van die geld?
Moet ook nie probeer om iemand telefonies te kontak nie, so ‘n diens bestaan nie. Dalk moet ons vir Helen Zille nooi om ‘n draai in Randfontein te maak.



