Opinion

‘n Liggie in die tonnel?

Baie dankie, Rohann, dat jy ons slapg@##e laat probeer wakker skrik.

Aangaande Rohann Schoombie se brief in die Herald van 1 November 2019 met die opskrif It’s time to hold council accountable … die volgende:

Baie dankie, Rohann, dat jy ons slapg@##e laat probeer wakker skrik.

Wat jy voorstel is al in ander gebiede met welslae gedoen. Ongelukkig luister die slapg@##e in Randfontein maar na die onbevoegde munisipaliteit se beloftes, wat enige regdenkende persoon sal besef is st@#$t!

Mag ek voorstel dat die munisipaliteit se afdanking summier sal geskied, want selfs in 21 miljoen jaar sal niks, maar niks, van die dorp oorbly nie. Ek twyfel of dit ‘n woestyn sal wees, aangesien die sand ook gepocket gaan word.

Graag doen ek nou ‘n beroep op ons slapg@##e. Reël ‘n belastingbetalersvergadering. Kom ons bespreek alle opsies en besluit dan hoe die pad vorentoe gaan lyk.

Die enigste vereiste is dat niemand van die munisipaliteit ‘n spreekbeurt mag hê nie. (Is hulle belastingbetalers?) Ons is daar om ons toekoms en Randfontein se toekoms in ‘n beskaafde orde te handhaaf, sodat dit nie verval in ‘n plakkerskamp of vullishoop nie, want dis Randfontein se toekoms!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button