Opinion

BRIEF: Raadop met bure se blaffende honde

Enige raad wat ons moet/ kan doen?

• Anoniem skryf:

Ek het raad nodig en weet nie meer watter kant toe nie.

Ons woon in ‘n kompleks waar troeteldiere toegelaat word maar die bure gaan werk vroeg in die oggend en kom eers laat saans terug. Die honde word heeldag in die woonstel gehou met geen deure of vensters oop nie. Hulle blaf heeldag en ons weet nie meer watter kant toe nie.

Ons het met die bestuursliggaam gepraat en hulle wil glo niks daarmee te doen hê nie.

Ons het die DBV gekontak en hul beweer die honde word nie mishandel nie.

Ons het met die eienaar gepraat en sy sê die mense is huurders. Ons moet dit met hulle uitwerk. Ons het toe met die huurders gepraat en baklei, en net ‘n brief van hul prokureur gekry om hul uit te los.

Enige raad oor wat ons te doen staan?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button