Opinion

Brief: Buig die boom terwyl hy jonk is

Toekies se nuutverkose munisipale aangewesenes staar pynlik in bejammering 'n reuse uitdaging in die gesig – inwoner.

• Desmond Dickson skryf:

Toekies se nuutverkose munisipale aangewesenes staar pynlik in bejammering ‘n reuse uitdaging in die gesig.

Dienslewering en opknapping van ‘n erg verrineweerde woongebied in die vorm van onbegaanbare slaggatbesaaaide strate, behuisingtekorte, vernielde boustrukture en lopende riool en reënwater weens geblokkeerde dreineringstelsels wat deur rondsittende werkloses meegebring is.

Die meeste strate, waaronder die seeroog Vygie en Papaja tel is die hoogtepunt van swak dienslewering en sorgloosheid, en hiervoor moet die inwoners self en nie die munisipaliteit nie verantwoordelik gehou word, weens hul traak-my-nie-agtigheid teenoor vandale en onverskillige motorryers. Die stilswye van almal is kommerwekkend; selfs ons kerke het verkoel en geestelike genesing het gevolglik onbeduidend verflou.

Ons het van kindsbeen af hierin geglo. Hier kom die ‘nuwe hervormde’ Koos Kombuis: oorspronklik Le-Toit wat hy as ‘n anagram vir ‘toilet’ beskou het: Het jy geweet dat net kinders lief is vir Liewe Jesus en dat hulle die wêreld alhoemeer gaan verstom?

Buig die boom terwyl hy jonk is.

Alle vermaaklikhede soos openbare rolprentvertonings, skolekonserte, sportbyeenkomste, straatkerke en lewende musiekoptredes het soos mis in die kou verdwyn.

Voorspoed aan almal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button