Local sportSport

Hein spog met internasionale atlete

Cornelia Joubert en LIzerie Ferreira wys hul staal op die internasionale atletiek front.

Twee van Hein Maré se top atlete, Cornelia Joubert en Lizerie Ferreira, het gedurende die afgelope atletiekseisoen op internasionale vlak deelgeneem en hulself goed van hul taak gekwyt.

Volgens Hein het Lizerie vanjaar aan die Wêreld Jeug Atletiekkampioenskappe in die Oekraine deelgeneem en gewys dat Suid-Afrikaanse atlete beslis by die internasionale kompetisie kan kers vashou.

“Lizerie het tydens dié kampioenskappe ‘n algehele sewende plek behaal.

Die kompetisie was baie straf, maar Lizerie het haar plek in die finaal van die 1500m verseker en daar ‘n sewende plek behaal,” vertel Hein.

“Ons oefen daagliks baie hard en haar harde werk is beslis tydens die Wêreld Jeug Atletiekkampioenskappe beloon.”

Behalwe vir Lizerie se goeie prestasies, het Cornelia Joubert op 8 September Suid-Afrika tydens die Wêreld Bergwedloop Kampioenskappe verteenwoordig.

Dié kampioenskappe het in Poland plaasgevind.

“Cornelia het baie goed vir die kampioenskappe voorberei, maar aangesien die kompetisie ook baie staf was, het Cornelia ‘n algehele 43ste plek behaal,” vertel Hein.

“Ek is baie trots op die atlete en weet dat hulle ‘n blink toekoms in dié sportsoort het. Baie geluk met julle prestasies.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button