Local sportSport

Randfontein akrobate het hope talent

Die akrobate van Annemarie Akademie vir Akrobate wys hul staal tydens die Nasionale Akrobaat Kampioenskappe in Fourways.

Talle akrobate van Annemarie Akademie vir Akrobate het tydens die onglange Iaaasa Nasionale Akrobaat Kampioenskappe in Fourways deelgeneem en weer gewys dat hulle beslis van die top akrobate in Suid-Afrika is.

Volgens die eienaar van Annemarie Akademie vir Akrobate, Annemaire de Villiers, het dié kampioenskappe vanaf 23 to 28 September plaasgevind.

“Daar het 64 akrobate van my kademie aan dié kampioenskappe deelgeneem en hulself baie goed van hul taak gekwyt,” vertel Annemarie.

Sy vertel dat verskeie akrobate van haar akademie tydens die geleentheid hul Iaaasa klere verower het.

“Behalwe vir al die studente wat hul Iaaasa klere verwerf het, was daar vier akrobate van my akademie wat kop en skouers bo die kompetisie uitgestaan het,” vertel Annemarie.

Dié studente is Reino Etsebeth, Reneé Gericke, Shanay Stead en Anré Naudé.

Reino het in die Senior Elite afdeling deelgeneem en was as naaswenner in dié afdeling aangewys.

Hy ontvang ook ‘n 100 persent vir sy enterpretasie asook ‘n trofeë vir die beste manlike akrobaat van die jaar.

“Reneé het in die Junior Elite afdeling meegeding en behoorlik stof in die kompetisie se oë geskop.

Sy is as algehele wenner in die afdeling aangewys en ontvang 100 persent vir haar karakteruitbeelding,” vertel Annemarie trots.

Shanay is tydens die geleentheid as Prelim kampioen aangewys, terwyl Anre die pre-intermediêre afdeling gewen het.

Anré is ook as die mees uitstaande intermediêre akrobaat aangewys.

“Reino en Anré het beide tydens die kampioenskappe ‘n gemiddeld van meer as 90 persent bereik en sodoende hul Suid-Afrikaanse Nasionale klere verower,” vertel Annemarie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button