Randfontein Krieketklub kondig hul eerstespan aan
Die bestuur van Randfontein Krieketklub is trots om die room van hul klub aan die gemeenskap voor te stel.
Die Randfontein Krieketklub het onglangs hul nuwe eerste span vir die opkomende krieketseisoen bekend gemaak en sien baie uit om dié groep spelers op die veld in aksie te sien.
Die krieketklub se nuwe eerste krieketspan bestaan uit Marinus Gerber, Sam Tsabalala, Terence Byrne, Ruan Mcalister, Rowen Malan, Arno Roux, Eddie Pieterse, Jonathan Jansen. Malcolm Faddy – klub kaptein, Jimmy Reynolds – kaptein, Freddy Schade – Voorsiter, Eduan van Heerden – vise-kaptein, Ian Keys, Melt Louw en Sheldon Martins.
Die groep spelers het tydens ‘n petoorhandiging hul eerste span pette ontvang is is ook amptelik as deel van Randfontein Krieketklub se eerste krieketspan ingehuldig.
Die groep spelers sien baie uit na hul opkomende seisoen en hoop om groot sukses tydens die seisoen te geniet.



