Local sportSport

Loutjie Louwies bied seminaar by Fish-On aan

Die welbekende TV aanbieder van Vaskap, Loutjie Louwies, bied 'n suksesvolle hengel seminaar by Fish-On Hengelwinkel in Cullemborgpark aan.

Oud Randfontein inwoner en aanbieder van die welbekende hengelprogram, Vaskap, Loutjie Louwies, het op 8 November ‘n suksesvolle hengelseminaar by Fish-On Hengelwinkel aangebied.

Volgens die eienaar van Fish-On Hengelwinkel, Cidney Roos, is hengel ‘n sportsoort wat vinnig naam maak onder die inwoners van Randfontein.

Daarom het hy dit goedgedink om vir Loutjie te nooi om die hengelaars in Randfontein te kom toespreek.

“Loutjie het tydens die geleentheid die hengelaars van Randfontein allerhande nuwe tegnieke kom wys.

“Dit is ook tydens dié geleentheid waar Loutjie die gemeenskap meer kom leer het van die nuwe Cornoflex reeks produkte wat hul hengeltegnieke kan verbeter,” vertel Cidney.

Die dag was ‘n reuse sukses en talle hengelliefhebbers in die gemeenskap het die geleentheid bygewoon om by die een van die hengelkonings in Suid-Afrika te leer.

“Ek is baie gelukkig met die hoeveelheid mense wat die geleentheid bygewoon het.

“Dit is vir my altyd ‘n voorreg om my mede-hengelliefhebbers met die nodige kennis toe te rus om hul hengeltegnieke te verbeter,” vertel Cidney.

Cidney bedank vir Loutjie Louwies wat die tyd afgestaan het om die seminaar aan te bied asook die gemeenskap wat die dag so goed ondersteun het.

Hy vertel ook verder dat Fish-On en Loutjie Louwies weer vroeg in 2014 ‘n werkswinkel sal aanbied.

“Dié wekswinkel sal by Coronation Dam in Krugersdorp plaasvind en tydens die geleentheid sal ons diegene wat belangstel wys hoe om hul distansie tydens hul ingooi te verbeter en ook hoe om hul aas voor te berei,” vertel Cidney.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button