Local sportSport

Randfontein stoeier neem deel by statebond kampioenskappe

Een van Randfontein se top stoeiers verteenwoordig Suid-Afrika tydens die Statebond Stoeikampioenskappe.

Een van Randfontein se top stoeiers, Adrian du Bruyn, het onglangs aan die senior Statebond Stoeikampioenskappe deelgeneem en homself uitstekend van sy taak gekwyt.

Volgens Adrian, was dié toernooi ‘n senior toernooi waar stoeiers ouer as 21-jaar deelneem.

“Alhoewel ek nou eers 18-jaar oud is, het ek goed by die proewe vir die kampioenskappe gevaar en vir myself ‘n plek in die seniorspan verseker,” vertel Adrian trots.

Hy vertel dat die Statebond Kampioenskappe vanjaar vanaf 4-6 Desember in Kemptonpark plaasgevind het en dat stoeiers van regoor die wêreld aan die kampioenskappe deelgeneem het.

Adrian, wat in die Griekse/ Romeinse styl stoei, moes teen vier ander stoeiers in sy gewigsafdeling meeding. Hy vertel dat een van sy opponente ‘n Suid-Afrikaanse stoeier was, twee van Indië en een van Wallis.

“Die kompetisie was baie sterk, en aangesien ek ‘n junior stoeier is, het ek my hande vol gehad teen die senior opponente,” vertel Adrian.

Tog het dit hom nie afgeskrik nie en het Adrian steeds ‘n algehele vierde plek in die kampioenskappe behaal.

Hy het ook sodoende sy Suid-Afrikaanse Statebondklere ontvang.

“Ek wil net baie dankie sê aan elke afrigter wat my afgerig het en bygestaan het gedurende my stoeiloopbaan.

“Sonder julle hulp sou ek nie so goed gevaar het tydens die Statebond Kampioenskappe nie,” vertel Adrian.

Adrian bedank ook sy ouers, vriende en familie vir hule ondersteuning.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button