Local sportSport

Kry nou jou goedkoper rugbykaartjies

Die Randfontein Rugbyklub bied oudergewoonte weer vankjaar vir die gemeenskap goedkoper rugbykaartjies aan.

Randfontein Rugbyklub is trots daarop om deel van die Goue Leeus Rugby Unie te vorm en gee nou vir elke inwoner van Randfontein die geleentheid om die rugbywedstryde op Ellispark in styl te aanskou.

Volgens die klub bestuurder van Randfontein Rugbyklub, Cathy Holton, het die klub ‘n baie gerieflike losie by Ellispark Rugby Stadion en wil hulle graag dié gerief met die inwoners van Randfontein deel.

Randfontein Rugbyklub het baie moeite gedoen om die losie op te gradeer. Daarom het hulle dit goed gedink om tydens vanjaar se rugbyseisoen hul hoofpaviljoenkaartjies aan die gemeenskap beskikbaar te stel sodat elke rugbyliefhebber in Randfontein die kans kan kry om ‘n wedstryd by dié asemrowende stadion te beleef.

“Wanneer jy ‘n kaartjie by Randfontein Rugbyklub koop gee dit jou die geleentheid om die Randfontein Rugbyklub se losie te besoek. Daar sal ligte vingerhappies in die losie beskikbaar wees en al diegene wat kom inloer mag dan ook van die kontantkroeg gebruik maak,” vertel Cathy.

Aangesien al die rugbyseisoendatums klaar vasgestel is, is die kaartjies vir alle wedstryde reeds by Randfontein Rugbyklub beskikbaar. Daarom is dit ‘n goeie idee om jou kaartjies so gou as moontlik te bespreek en af te haal.

Die geld wat die rugbyklub op dié wyse invorder gaan aangewend word vir die klub se instandhouding.

“Vanjaar se rugbyseisoen beloof om groot pret te wees en met baie bekostigbare kaartjies kan niemand dit bekostig om die geleentheid mis te loop nie. Daarom doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om ons te help deur deel van die projek te wees,” vertel Cathy.

Cathy vertel dat ‘n seisoenkaartjie vir die toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, die Super rugby Reeks en die Curriebeker R1 600 beloop.

“Daar is ook enkel kaartjies vir elke Super rugby wedstyd beskikbaar teen R30 per kaartjie.

“Die Curriebekerkaartjies sal ook R30 per persoon beloop,” vertel Cathy.

Kaartjies vir die internasionale toetswedstryd sal later die jaar vrygestel word.

Vir kaartjiebesprekings en verdere inligting, skakel gerus vir  Cathy Holton by 082 342 4392.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button