Dewald verower silwer tydens Nasionale Paralympiese Kampioenskappe
plaaslike gestremde atleet Dewald Pretorius, maak sy merk tydens die afgelope Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe vir Gestremdes.
Randfontein se eie gestremde SA atleet Dewald Pretorius, spog met ‘n welverdiende silwer medalje tydens die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe vir fisies-gestremde atlete, wat vanaf 31-Maart tot 3 April in Stellenbocsh plaasgevind het.
Volgens Dewald, het hy baie hard geoefen om gereed te wees vir dié kampioenskappe.
Hy vertel dat aangesien hy ‘n balansprobleem het, hy baie hard moes werk om dié probleem aan te spreek.
“Ek het baie goeie afrigters gehad wat my gehelp het en kan nie genoeg dankie sê vir die ure wat hulle saam met my spandeer het nie,” vertel Dewald.
Hy vertel verder dat hy tydens dié kanpioenskappe aan die 100m naellope en gewigstoot deelgeneem het.
Dewald het in die 100m naellope ‘n algehele vyfde plek behaal en dié distansie in ‘n tyd van 14,5 sekondes voltooi.
Hy spog ook met ‘n algehele tweede plek en ‘n welverdiende silver medalje in die gewigstoot.
Volgens dewald het hy ‘n afstand van 9,1m gegooi.
“Ek is baie trots op my uitslae en dank elkeen wat my tydens die kampioenskappe en my voorbereiding bygestaan het,” vertel Dewald.
Hy vertel verder dat hy tans besig is om vir die 2015 Wêreldkampioenkappe in Brasilië voor te berei.



