NewsSchools

Feesgety in Arende se nessie

Leerders van die Arendeklas van Akademie Reformia het verlede Donderdag 'n kerspartytjie gehou

Leerders van die Arendeklas van Akademie Reformia het verlede Donderdag ‘n kerspartytjie gehou by hulle skoolgebou in Rabestraat.

Die kersboom se versierings, asook geskenke en eetgoed, is aan die Arende geskenk deur Checkers in die Polokwane sentralebesigheidsdistrik.

Al die leerders, asook hul onderwysers en ‘n paar van Checkers se personeellede, het die partytjie bygewoon.

Die partytjie het met ‘n broodjie, met rooiworsies op, en heerlike koeldrank begin. Hierna het Ernest Jansen van Checkers geleentheid gekry om die geskenke uit te deel.

Nadat die geskenke uitgedeel is, het die leerders lekkergoed gekry om te eet.

Die seuns het elkeen ‘n motortjie gekry en die meisies het poppe gekry. Ook het elke leerder ‘n mini-koelsak gekry waarin hulle hul kosblikke kan bêre.

“Ek is so bly oor die koelsak, nou kan ek my kos mooi bêre en gaan dit nie rondlê nie. Ek gaan my motortjie ook bêre sodat my boetie dit nie in die hande kry nie,” het Tiaan van Rensburg, een van die leerders, gesê.

“Die Arende wil Checkers bedank vir die kerspartytjie en ook dankie sê aan al ons ander borge wat ons gereeld deur die jaar ondersteun het,” het Christina Langenhoven, hoof van die Arende, gesê.

“Hierdie is net ‘n klein dingetjie wat ons vir die kinders doen. Hulle en hulle onder-wysers verdien soveel meer,” het Jansen gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button