Driaan van Staden vertoon sy plakaat en model van die sonnestelsel.
Gr. 3-leerders van Akademie Reformia het planete as tema behandel en moes hul kennis uitbeeld deur take te maak oor hierdie onderwerp.
Die leerders kon modelle bou of plakkate maak en het gebruik gemaak van verskeie mediums soos toilet-dryfballe, draad en verf.
Leerders het geleer dat elke planeet anders lyk en groter of kleiner as die volgende planeet is. Marisa Linde, onderwyseres van die gr. 3-klas het vertel hoe trots sy was op al leerders se pogings. “Hulle het regtig baie moeite gedoen en ek kon sien dat hulle darem iets geleer het.” Ook die leerders het gevoel dat hulle die geleentheid gekry het om meer te leer van die planete deur modelle te bou.
“Deur self die planete in volgorde te sit, onthou mens dit beter,” het Charl Horn gesê.
Bernadette Coetzee het verduidelik dat dit vir haar lekker was om meer oor die verskillende planete te leer.
Ouers asook ander leerders van die skool kon die take verlede week van nader beskou.
Driaan van Staden vertoon sy plakaat en model van die sonnestelsel.
Mitch Basson het van ‘n plakkaat gebruik gemaak om sy taak oor die sonnestesel en planete te maak.
Peter Keartland vertoon sy taak oor die sonnestelsel. Hy het van toilet-dryfballe en verf gebruik gemaak.
Lizandri Els sê sy het ure aan haar projek gewerk.
Suné van Aswegen het baie moeite gedoen met haar projek oor die sonnestelsel en planete.
Anrich Enslin vertoon trots sy taak oor die verskillende planete in die sonnestelsel.
Kaylin Swanepoel is trots op haar sonnestelsel- en planetetaak.
Tynica van der Nest vertoon haar taak, ‘n model van die sonnestelsel.
Tarien Saaiman vertel sy het baie moeite gedoen met haar taak oor die planete in die sonnestelsel.
Diederik Brits wys sy taak oor die sonnestelsel en verskillende planete.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!