NewsSchools

Balans speel belangrike rol in Tanica se prestasies

Tanica Pretorius (18) is 'n slimkop wat die belang van fiksheid vir akademiese prestasie maar te goed verstaan.

POLOKWANE – Tanica Pretorius (18) is ‘n slimkop wat die belang van fiksheid vir akademiese prestasie maar te goed verstaan.

Hierdie jong vrou is gereed om die grootmenslewe aan te pak nadat sy verlede jaar aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gematrikuleer het met Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wetenskap, wiskunde, ingeneursgrafika en ontwerp asook siviele tegnologie as vakke.

Tanica is aangewys as Tom Naudé se topmatrikulant nadat die matriekuitslae Dinsdag bekendgemaak is.

Volgens Tanica was haar gunsteling vak siviele tegnologie.

“Dit is interessante werk en bestaan slegs uit leerwerk. Dis maklik om goeie punte te kry as jy mooi oplet en hard leer.”

Toe Tanica sewe jaar oud was, wou sy graag ‘n sangeres word, maar het intussen drasties van plan verander.

Sy begin vanjaar by die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus met ‘n kursus in chemiese- en myninge-nieurswese.

Balans het ‘n groot rol gespeel in Tanica se gr. 12-jaar. Sy het aan Review verduidelik dat sy elke dag geleer het en gefokus was tydens lesse.

“Ek het elke dag twee ure toegelaat vir gim en elke Vrydagaand was my aand af, wat ek dan gebruik het om te gaan kuier en te ontspan.”

Tanica het ook Tae Bo-klasse bygewoon en sê oefening is belangrik vir optimale breinfunksies en om van spanning onstlae te raak.

Sy was verlede jaar betrokke by die Buddyhelp-projek by die skool asook ‘n sopkombuis by ‘n kerk in die stad.

“Ek het geleer om te waardeer wat ek het en dat onverwagte goedheid glimlagte op gesigte sit,” het sy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button