NewsSchools

Skedules en beplanning om sukses op akademiese gebied te verseker

Janeska Womarans (18) is 'n persoon wat 'n skedule vir elke dag het, en dit is een van die redes waarom sy so goed in haar matriekjaar verlede jaar gevaar het.

Janeska Womarans (18) is ‘n persoon wat ‘n skedule vir elke dag het, en dit is een van die redes waarom sy so goed in haar matriekjaar verlede jaar gevaar het.

Sy het twee onderskeidings behaal en het tweede in haar graad geëindig.

Janeska Wolmarans het haar skoolloopbaan by Hansie en Grietjie Kleuterskool begin waarna sy haar laerskoolloopbaan by Oosskool begin het.

Sy het haar hoërskoolloopbaan by Curro Heuwelkruin voltooi met Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, natuur en skeikunde, lewenswetenskappe en drama as vakke.

“My gunsteling vakke was lewenswetenskappe en drama. Dis moeilik om tussen die twee te kies.

My onderwysers, Manie Raath en Nicole Senekal, is uitstekend in hul vakrigtings en dit maak dit lekker om te leer.

Ek het in beide vakke goed gedoen en dit was baie pret.”

Janeska vertel sy wou graag ‘n sangeres geword het toe sy sewe jaar oud was, maar gaan in 2014 aan die Universiteit van Pretoria studeer waar sy in Erika Dameskoshuis gaan bly en B.Sc gaan studeer in die hoop om keuring te kry vir medies.

“Ek wil graag ‘n pediater word en kinders help waar ek kan.”

Sy het vertel sy is ‘n persoon wat ‘n skedule vir elke dag het. “Sonder my dagboek is ek verlore. Vrydag- en Saterdagaande is my af aande wanneer ek tyd maak vir myself en my vriende.

Sondae is my tyd saam met my familie en deur die week is dit skoolwerk, studeer, hokkie, redenaars, take en enige ander take wat die week mag oplewer.”

Janeska het in gr. 12 deelgeneem aan atletiek, hokkie, redenaars, spanredenaars, dramaproduksies en kunstefeeste deelgeneem.

“‘n Mens moet ‘n gebalanseerde lewe lei, veral op skool. Die verskeidenheid aktiwiteite bevorder ook jou liggaam fisiek en geestelik. ‘n Gesonde, besige en gebalanseerde lewe kan glad nie skade doen nie.”

Haar rolmodel is haar ma, “nie net in die hoërskool nie, maar regdeur my lewe. My ma het my geleer hoe om te leer en sy het my ook werksetiek aangeleer. Sy het my geleer werk met ‘n dagboek en sy is ook die sukses agter my redenaars.

Ek sal my ma ewig dankbaar wees vir alles wat sy vir my geleer het. Sy is werklik iemand om na op te kyk”.

Janeska het vertel haar ondersteuningsnetwerk bestaan uit haar ouers, tannies, Janus (haar kêrel) en onderwysers.

“My ouers en Janus het my ondersteun deur koffie aan te dra en te sê ‘jy kan dit doen’ wanneer ek moeg was vir leer.

“My pa het elke eksamen reg gestaan met ‘n pakkie biltong en lekkergoed, terwyl my ma vir die breinkosse gesorg het. My tannies het gesorg dat daar voor elke toets ‘n boodskap op my foon was en my onderwysers het my gemotiveer omdat hulle geweet het ek kan.”

Oor vyf jaar sien sy haarself in haar eie woonstel met ‘n motor en Janus aan haar sy. “Vier jaar van my studies sal reeds suksesvol afgehandel wees.”

Janeska was baie betrokke by die Ngwana-babahuis en het ook gesing in die kerk. “Dit het my geleer dat dit regtig lekker is om te gee en dat jy met ‘n lekker warm gevoel in jou hart kan slaap. Dit het my ook geleer om dankbaar te wees vir die mense en dinge wat in my lewe is.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button