NewsSchools

Van jongs af altyd gereed, bereid om ander te help

"My gunsteling vakke was biologie en wiskunde. Biologie het my nuuskierigheid geprikkel en dit het oor onderwerpe gehandel waarvan ek hou. Wiskunde was 'n uitdaging en dis wat dit vir my so lekker gemaak het."

POLOKWANE – Ursula Reynolds (18) het haar skoolloopbaan aan Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) begin en 12 jaar later aan Curro Heuwelkruin voltooi, waar sy verlede jaar twee onderskeidings behaal het, en derde in haar graad geëindig het.

Haar vakke in gr. 12 was natuur en skeikunde, biologie, rekeningkunde, wiskunde, Afrikaans, Engels en lewensoriëntering.

“My gunsteling vakke was biologie en wiskunde. Biologie het my nuuskierigheid geprikkel en dit het oor onderwerpe gehandel waarvan ek hou. Wiskunde was ‘n uitdaging en dis wat dit vir my so lekker gemaak het. Daar is min dinge wat so bevredigend is as om ‘n wiskunde som self reg te kry na ‘n gesukkel,” het sy aan Review vertel.

Haar ma het vertel Ursula wou op sewejarige ouderdom net mense help. “Ek skat dit sou ironies genoeg iets wees soos ‘n tandarts of verpleegster,” het sy gesê.

In 2014 gaan Ursula B.Sc biologiese wetenskappe studeer met die hoop om na die eerste ses maande gekeur te word vir tandheelkunde. Sy vertel hierdie studierigting behels vakke soos chemie, fisika en molekulêre biologie. Sy gaan aan die Universiteit van Pretoria Studeer.

Ursula het vertel dat sy glo balans is belangrik vir enige skoolloopbaan. “Mens kan nie net op een onderwerp fokus nie, want dan sal ander areas negatief beïnvloed word. Ek het ‘n balans gehandhaaf deur dinge dag vir dag te vat en strategies te beplan wat ek wanneer gaan doen. Op die manier kon ek tyd maak vir alles en my prioriteite eerste afhandel.”

Sy het deelgeneem aan netbal en atletiek. Haar atletiekdeelname het verspring en middelafstande behels. Netbal was egter haar hoof-sport en sy het die meeste van haar tyd daaraan bestee.

“Sport is baie belangrik. Sport, veral spansporte, leer mens om saam met ander mense te werk om doelwitte te bereik.

“Dit leer mens ook om nederig te bly in gevalle waar mens nie wen nie.

Dit is belangrik vir sosiale ontwikkeling en gee mens die geleentheid om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak. Dit verlig ook spanning wat deur aka-demiese druk veroorsaak word.”

Volgens Ursula was haar rolmodel nie net een persoon nie. “Ek het deur my skoolloopbaan opgekyk na verskeie persone. Hierdie persone sluit my pa, wat my geleer het om geduldig te wees en dat integriteit belangriker is as enige medalje of sertifikaat, in. My ma het my geleer dat uithouvermoë en harde werk die sleutel tot sukses is. Ek het ook opgekryk na beide my stiefma en stiefpa. Meer onlangs het tannie Gerda Willemse, wat ons selgroep-leier was, vir my ‘n hoofrolmodel geword,” het sy verduidelik.

“Heuwelkruin se skoolhoof, Eben Lingenfelder, het ek beslis ook as ‘n rolmodel beskou. Hy is ‘n persoon wat waardevolle opinies het. Hy verstaan visie en gees en toon uitstekende leierseienskappe. Ek kyk op na hom.”

Ursula se ouers was altyd daar om haar te ondersteun en by te staan.

“Hulle het my bemoedig wanneer ek moeg was en was saam met my bly wanneer ek presteer het of doelwitte bereik het. Ek was die laaste twee jaar van my hoërskoolloopbaan in ‘n selgroep vir meisies. Hulle het my baie ondersteun en tyd saam Jesus in ‘n intieme en gemaklike plek saam met goeie vriendinne is waar ek my krag vandaan gekry het.

“My boetie, Sheldon, was altyd daar om grappies te maak om die spanning bietjie te verlig en my by te staan soos niemand anders kon nie. Onderwysers en vriende het ‘n groot rol gespeel en was ook altyd daar om my te bemoedig en te lei.”

Sy hoop om oor vyf jaar amper aan die einde van haar tandheelkunde kursus by Tuks te wees.

“Ek wil graag teen daardie tyd in my eie woonstel bly en ook al deelgeneem het aan die 94.7-fietsresies. Ek sien myself as iemand met ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl.”

Gedurende haar skoolloopbaan was Ursula betrokke by die Ngwana-babahuis en die Polokwane dierebeskermingsvereninging

“Dit het my twee keer laat dink oor dinge wat mens sommer vanselfsprekend aanvaar.

“Ouerliefde, ‘n gesin, kos op die tafel en goeie gesondheid is dinge wat baie kinders nie het nie. Mens moet dankbaar wees en gereeld dankie sê daarvoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button