NewsSchools

Liefde vir haar vak lei tot prestasie

Retha Lerm is een van die top-onderwysers in haar vak, besigheidstudies.

Retha Lerm glo dat roetine baie belangrik is.

“Alles in die wêreld draai om roetine en niks kan daarsonder werk nie,” sê sy.

Verlede Dinsdag het die LUR vir onderwys, Dikeledi Magadzi, verlede jaar se matriekuitslae bekendgemaak en terselfdertyd die provinsie se top-leerders en onderwysers aangewys.

Hoërskool Pietersburg het as een van die top-skole in die provinsie uit die stryd getree.

By dieselfde funksie is vyf van PHS se onderwysers as top-presteerders in hul vakgebiede aangewys.

Retha is aangewys as een van Limpopo se beste besigheidstudies-onderwysers.

Met ‘n agtergrond in en liefde vir die sakewêreld is hierdie gedrewe onderwyser vasbeslote om jong entrepreneurs te skep en voor te berei vir die besigheidsomgewing.

Met vier jaar onder-wysondervinding agter die blad, weet sy dat liefde vir ‘n vakgebied ‘n leerder se prestasie direk beïnvloed.

Haar raad aan jonger onderwysers is dat niks moontlik is sonder ‘n liefde vir kinders en ‘n liefde vir die vak wat jy aanbied nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button