Verlede Dinsdag het die LUR vir onderwys, Dikeledi Magadzi, verlede jaar se matriekuitslae bekendgemaak en terselfdertyd die provinsie se top-leerders en onder-wysers aangewys.
Hoërskool Pie-tersburg het as een van die top-skole in die provinsie, en nommer een skool in die Capricorn-distrik, uit die stryd getree. By dieselfde funksie is vyf van PHS se onderwysers as top-presteerders in hul vakgebiede aange-wys. Alta Botha is aangewys as een van Limpopo se beste besigheidstudiesonderwysers.
As gevestigde onderwyser met meer as 10 jaar ondervinding in ekonomie, besigheidstudies en ekonomiese bestuurswetenskappe, glo Alta dat hierdie veld baie belangrik is.
Sy glo ekonomiese vakke berei leerders voor om in enige besigheidskonteks ingeligte besluite te maak rakende die bestuur van ‘n besigheid.
Haar raad aan nuwelinge in die onderwys is om ten alle tye op te let hoe ervare onderwysers dinge aanpak. Sy sê ook dat deelname aan buitemuurse aktiwiteite ‘n onderwyser onmisbaar vir ‘n skool maak.
Alta gee ook erkenning aan al die onderwysers wat voor haar met die gr. 12-leerders gewerk het. “Die toekenning is die gevolg van 12 jaar se insette deur baie ander onderwysers en ouers. Ons sit maar net die kersie op die koek.”



