NewsSchools

Omgewing is op Linette se hart

Met amper 25 jaar se ondervinding as lewenswetenskappe-onderwyser, is dit geen verrassing dat Hoërskool Pietersburg (PHS) se Linette Scott toekenning vir die beste onderwyser gekry het nie

Met amper 25 jaar se ondervinding as lewenswetenskappe-onderwyser, is dit geen verrassing dat Hoërskool Pietersburg (PHS) se Linette Scott die onderwysdepartement se toekenning vir die beste onderwyser in hierdie vak gekry het nie.

Scott sê sy glo lewenswetenskappe is ‘n ongelooflike interessante vak wat mense vir die res van hul lewens kan gebruik.

Sy vertel dat die vak belangrik is omdat dit ook begrip gee vir die instandhouding van die omgewing waarin mens leef.

Linette se liefde vir die vak kom van haar pa af.

Hy was ‘n medikus en het haar van kleintyd af bewus gemaak van al die natuur se wonders, asook hoe om dié wonders te waardeer en op te pas.

Haar raad aan nuwe onderwysers is om hul beroepe met entoesiasme aan te pak met ‘n liefde in hul harte vir die vak en die kinders.

Haar goue reël is om konsekwent op te tree teenoor elke kind waarmee sy te doen kry.

“As die vak wat jy aanbied jou passie is, geniet dit en die kinders wat by jou leer sal dit geniet,” sê sy.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button