NewsSchools

Sadé se kans op onderrig

Sadé Crowder (18) se vyf onderskeidings het vir haar 'n studiebeurs in die sak gebring.

POLOKWANE – Sadé Crowder (18) se vyf onderskeidings het vir haar ‘n studiebeurs in die sak gebring.

Crowder het verlede Donderdag ‘n beurs van die Polokwane Munisipaliteit ontvang.

Dié matrikulant van Hoërskool Pietersburg (PHS) het onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewens-oriëntering, geskiedenis en lewenswetenskappe behaal en gaan regte studeer aan die Universiteit van Pretoria (Tuks).

Francois Hartlief, ‘n gemeenskapsleier van Westenburg, het van Crowder se finansiële verknorsing gehoor. Sy het nie genoeg geld gehad om te gaan studeer nie.

Hartlief het dadelik aangebied om haar registrasiegelde te betaal en het ook Polokwane se burgemeester, Freddy Greaver, genader om haar te help. “Toe ek hoor sy is van Westenburg en dat sy met vyf onderskeidings geslaag het, het ek dadelik ingestem om haar te help. Wanneer ‘n kind wil leer is dit ons plig as leiers om hulle te help,” het Greaver gesê.

Hy het ook gesê dat rolmoddelle min raak en dat Crowder een van Westenburg se rolmodelle kan word. “Doen jou bes en jy sal net die vrugte pluk. Wanneer ek na jou kyk, sien ek die toekoms. Moenie Westenburg teleurstel nie,” het hy gesê.

Rose en Wally Crowder, Sadé se ouma en oupa, kon Greaver nie genoeg bedank nie.”Die Here is goed. Ek kan net dankie sê dat Hy hierdie goeie manne op ons pad gestuur het om ons kind te help.

“Baie dankie aan hulle dat hulle omgee vir ons kinders van Westenburg,” het Rose gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button