POLOKWANE – Die gr. 8-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het hulle hoërskoolloopbane op ‘n hoë noot begin by die kenmekaar-dag wat die skool vir hulle aangebied het.
PHS se leerlingraad het die nuwe-linge Dinsdag, 14 Januarie, by die skool ontmoet en in groepe ingedeel.
Die groepe het in verskillende pret sportitems teen mekaar meegeding.
Die gr. 8-groepe het mekaar opgekeil in interessante items soos trekkerband-en sakresies.
Daarna het die groep na die skool se swembad geskuif waar hulle ook teen mekaar moes meeding in mini-kompetisies, soos om verskeie items uit die swembad te duik.
Daarna het hulle lekker saamgekuier.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



