POLOKWANE – Flippie du Plessis, atletiekorganiseerder van Laerskool Piet Hugo, sê hy is baie opgewonde oor die skool se vooruitsigte op die atletiekveld vanjaar.
“Ons het baie belowende atlete met hope talent hierdie jaar,” sê hy.
Tydens die skool se interhuis-atletiekbyeenkoms verlede Vrydag is verskeie rekords geëwenaar en nuwes opgestel. Du Plessis sê dit is vir hom ‘n teken dat sy atlete ge-reed is vir die atletiekseisoen.
Terwyl die atlete hul staal op die baan gewys het, het hul ouers en maats hulle luidkeels van die pawiljoene af aangemoedig.
“Hou bene hou,” het die toeskouers geskree terwyl die lang-afstandatlete hul pad om die baan gevind het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!







