POLOKWANE – Die prefekte van die Marné Ebersöhn Akademie in Polokwane het Vrydag die nuwe leerders van die skool op ‘n spesiale manier welkom geheet.
Die nuwe leerders het almal, met swartsakke oor hulle klere aangetree en die prefekte het ‘n brousel wat hulle self aangemaak het, in die nuwelinge se hare gesmeer.
Daarna is hulle met ‘n tuinslang skoongespuit.
“Dit is baie lekker om deel te wees van die skool, al loop die goed in my nek af,” het Michaela Shamley, ‘n gr. 10-nuweling gesê nadat sy amptelik gedoop is.
Mariette Ebersöhn, skoolhoof, het vertel dat daar reeds 80 leerders van gr. 1 tot 12 by die skool ingeskryf is.
“Ons doop hulle om hulle amptelik deel te maak van die skool,” het sy verduidelik.



