Nicole Senekal, Heuwelkruin se dramaonderwyser, wys haar slag op die verhoog tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaïk-konsert.
POLOKWANE – Curro Heuwelkruin Hoërskool het verlede Vrydag hul jaarlikse Mosaïk-konsert aangebied.
Dié konsert het drie gr. 8-leerders, Zenelle Swart, Odette Goosen en Izelke Snyman, in die hoofrolle gehad terwyl leerders van gr. 9 tot 12 die ander karakters in die konsert vertolk het.
Elke graadgroep het ook ‘n kans gehad om ‘n spesiale dans op te voer.
Aan die einde van die aand het leerders deur die gehoor gestap en geld ingesamel. Die gr. 8-groep het die meeste geld ingesamel. As beloning, kon hulle weer hul dans opvoer.
Vanjaar se Mosaïk het gehandel oor die tronk en die drie hoofkarakters, Susara, Magriet en Gertie, het die gehoor op ‘n reis geneem om te verduidelik hoe hulle in die tronk beland het.
Die Mosaïk-konsert kondig jaarliks die einde van die gr. 8-leerders se inlywing aan. Carla Koen, Juan-Merié Venter en Maynard Kenmuir het die toneelstuk geskyf.
“Die geld wat die leerders insamel aan die einde van die aand word deur die gr. 12’s gebruik om iets spesiaal vir die skool aan te koop,” het Nicole Senekal, die dramaonderwyser van Curro Heuwelkruin, vertel.
Andelle Kotze sê sy het die graaddanse baie geniet tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Angie Phahlane lei haar graadgroep in hulle dans tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Gertie, gespeel deur Zanelle Swart, bestudeer haar reisplan tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Odette Goosen klim onder die vel van haar karakter, Magriet, in tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Pieter Venter speel die rol van Alex, ‘n toergids by die Russiese sjokoladefabriek, tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Devan en Juan-Merié Venter in aksie tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaïk-konsert.
Tshegofatjo Mogashoa is Nicolina van Rusland tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Modipadi Mokgohloa is ‘n toeris tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Kratos, Heuwelkruin se gelukbringer, wys ook gesig tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Aiden Vermaak staan hoed in die hand tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaic-konsert.
Nicole Senekal, Heuwelkruin se dramaonderwyser, wys haar slag op die verhoog tydens Curro Heuwelkruin Hoërskool se Mosaïk-konsert.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!