NewsSchools

Sokkie 60’s-styl vir toerfondshupstoot

Laerskool Pietersburg het op Donderdag, 30 Januarie, 'n sokkie vir die gr. 4 tot 7-leerders aangebied met die 60's as tema.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg het op Donderdag, 30 Januarie, ‘n sokkie vir die gr. 4 tot 7-leerders aangebied met die 60’s as tema.

Die sokkie is aangebied met die doel om geld in te samel vir die skool se eerste netbalspan wat in die Aprilvakansie ‘n netbaltoer na George wil onderneem.

Die span gaan aan ‘n toernooi deelneem wat deur Laerskool George-Suid aangebied word.

Tydens dié toernooi sal PLS se eerste netbalspan oor drie dae teen verskillende skole se netbalspanne deelneem. Die toer vind plaas van 28 Maart tot 1 April.

Die ouers van die eerste span se spelers het die geleentheid om deur die eerste paar maande van die jaar geld in te samel deur kos te verkoop by skoolfunksies asook deur borge se bydraes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button