NewsSchools

Heuwelkruin se jongspan hou piekniek

Die gr. 1 tot 3-leerders, asook die Kiewiete-klas, van Curro Heuwelkruin het Valentynsdag met 'n piekniek gevier.

Die gr. 1 tot 3-leerders, asook die Kiewiete-klas, van Curro Heuwelkruin het Valentynsdag met ‘n piekniek gevier.

Leerders was, eie aan die tema van die dag, in rooi, pienk en wit aangetrek.

Hulle het op gekleurde komberse op die gras gesit en het heerlike eetgoed soos kolwyntjies en sjokolade uit hulle piekniekmandjies gehaal.

“Ek weet nie mooi waaroor Valentynsdag gaan nie, maar ek het lekker kossies in my mandjie saamgebring,” vertel Bahlale Ledwaba, een van die Kiewiete.

Nadat hul magies vol geëet was, het die leerders hul energie afgespeel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button