POLOKWANE – Planne vir ‘n nuwe terrein vir Akademie Reformia het reeds in 2005 begin toe ouers besluit het om grond aan te skaf om ‘n skool te bou.
“Die nuwe terrein was egter te klein, en is verkoop, en toe koop hulle die huidige terrein by die Broadlands landgoed aan,” vertel Marietha Nel, skoolhoof van Akademie Reformia.
Daar is tans 170 leerders en 20 onderwysers by die akademie, en hulle gebruik die gebou van die Gereformeerde Kerk-Noord in Dap Naudéstraat. Volgens Nel gaan die bouwerk van die nuwe skool oor ongeveer ‘n maand begin. Die nuwe sportvelde word reeds deur die skool gebruik, sê sy. “Ons beplan om oor ses maande in die nuwe geboue in te trek. Die Arende-groep gaan saam met ons in die nuwe geboue wees,” vertel Nel trots.



