POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg-leerders en personeel het onlangs Carina Diedericks-Hugo, die skrywer van die Thomas-reeks, in hul midde verwelkom.
Die Thomas-reeks is voorgeskrewe boeke in die vak, Afrikaans huistaal. Sinne soos “Thomas se lewe suig harder as ‘n stofsuier” sorg dat leerders die boeke baie geniet.
Diedericks-Hugo het in Gauteng grootgeword. Sy, haar man en hul drie katte woon in Stellenbosch.
Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur sowel as die M.E.R.-prys, en het die ATKV-Kinderboekprys ses keer gewen. Sy het ‘n tweede plek behaal in die MML en Lapa se Jeugromankompetisies.
Wanneer sy nie ‘n boek skryf nie, werk sy as uitgewerskonsultant, resensent en artikelskrywer.
Die Thomas-reeks is ook van April 2013 op die kassie in ‘n TV-reeks met dieselfde titel te sien.



