NewsSchools

Osie-tentedorp ‘n hoogtepunt vir Osies

Oosskool se jaarlikse tentedorp is 'n gewilde geleentheid onder leerders, ouers en personeel, en hierdie jaar was nie 'n uitsondering nie.

POLOKWANE – Oosskool se jaarlikse tentedorp is ‘n gewilde geleentheid onder leerders, ouers en personeel, en hierdie jaar was nie ‘n uitsondering nie.

Op Vrydag 21 Februarie, het almal op die sportveld bymekaar gekom om handjie by te sit met die opslaan van tente vir die aand wat voorlê. Fondse wat tydens die kampeeraand bymekaar gemaak word, word elke jaar gebruik deur die gr. 7’s om ‘n afskeids-geskenk vir die skool te koop.

Die leerders het die aand baie geniet, met speletjies soos mini-krieket, en van die kinders het besluit om deurnag te gaan sonder om te slaap. Personeellede het saam met die leerders die aand geniet.

Joline Jacobz, ‘n ouer, het gesê die tentedorp is elke jaar een van die groot hoogtepunte vir haar dogter. “Hierdie inisiatief leer die kinders verantwoordelikheid,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button