NewsSchools

Tommies se tiere vier 21 jare se Grand Prix-aksie

Die manhaftige kragmeting om te bepaal wie HTS Tom Naudé se 2014 kaskarkampioen gaan wees het verlede Vrydag in Grand Prix-styl afgeskop.

POLOKWANE – Die manhaftige kragmeting om te bepaal wie HTS Tom Naudé se 2014 kaskarkampioen gaan wees het verlede Vrydag in Grand Prix-styl afgeskop.

Dit was die mondigwording van die skool se kaskarwedren en die Tommies het met ‘n ererondte begin waartydens die klasvoogde agter die stuur van die kaskarre was.

Die atmosfeer was gelaai en vanaf die eerste rondte het ‘n paar klasse onderneem om die wedren aanskoulik te maak.

Om 18:00 toe die geruite vlag vir die 21ste keer die einde van die dag se arbeid aankondig, het die Tommies hul geliefde karakter openbaar.

Die gr. 12’s het Anton Bosman, ‘n gr.12-leerder wat met kanker gediagnoseer is, in ‘n kaskar gelaai, bo hul skouers opgetel en ‘n ererondte met hom om die baan gestap. Die res van die Tommies het soos ridders agter hulle aangestap en menige ouer en onderwyser was aangedaan.

Die kaskarresies se uitslag was as volg:

• Seniorwenners – 12A met 136 rondtes en ‘n afstand van 81,6 km.

• Juniorwenners – 8A met 120 rondtes en ‘n afstand van 72 km.

Wenners in ander kategorieë:

• Mooiste kuipe – Seniors 10B en 10C, juniors 9A.

• Mooiste baniere – Seniors 10A en juniors 9A.

• Mooiste kar – Seniors 10A en juniors 8A.

Die Tommie Tiere het weereens die skool se verwagtinge oortref, deur meer as R300 000 in kontant in te samel. Materiaal-, produkte en prysskenkings wat nou al sinoniem met kaskarfondsinsameling geword het, van meer as R500 000 is aan die skool gegee.

Waarnemende hoof Cois Armer, Piet Holtzhausen en die beheerliggaam bedank elke maatskappy, individu en ouer wat die skool jaarliks so getrou ondersteun.

“Elkeen van u, maak nie net u harte nie, maar ook u beursies wawyd oop om ‘n verskil te maak,” het Armer hoof gesê. Hy het sy dank uitgespreek teenoor Heleen Pearsnall van die onderwysdepartement wat die skool tydens die verrigtinge besoek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button