NewsSchools

Liefde vir kinders

Remediërende onderwys is Laerskool Pietersburg-Noord se nuwe onderwyser, Christelle Janse van Rensburg, se groot passie.

POLOKWANE – Remediërende onderwys is Laerskool Pietersburg-Noord se nuwe onderwyser, Christelle Janse van Rensburg, se groot passie.

Janse van Rensburg het in 2001 aan die Hoërskool Noorderland gematrikuleer en het daarna by die Universiteit van Pretoria onderwys studeer.

Sy sê sy het besluit om by ‘n laerskool aan te sluit omdat sy besef het dat daar ‘n groot gaping tussen gr. 7 en gr. 8-wiskunde is. Sy voel sy sal ‘n verskil aan hierdie gaping met remediërende onderwys en gespesialiseerde onderrig kan maak.

“Gespesialiseerde onderrig is op leerders met normale intellektuele vermoëns gemik om met die oorkoming van probleme in bepaalde vakke of spesifieke gedeeltes van ‘n leerplan te help,” verduidelik sy.

Na skoolure rig sy netbal af en sy werk ook aan idees vir ‘n boek wat sy wil skryf. “Skryf is my ander groot liefde,” sê sy.

Janse van Renburg vertel dat sy nie van die begin af by onderwys betrokke wou raak nie en het eers sportkunde studeer.

Ongelukkig was sy in ‘n motorongeluk betrokke, en daarna het sy besluit om eerder op onderwys te fokus.

“Die keuse was eenvoudig: ek wou met kinders werk en ek wou betrokke wees by hul ontwilkkeling. Nou is alles wat ek lief het gekombineer en ek doen iets wat regtig ‘n verskil maak,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button