Local NewsNewsUpdate

Venter sterk goed aan na operasie

Duroc Foods verkoopsbestuurder Gerrit Venter sterk baie goed aan nadat hy vroeër die maand herhaaldelik in die gesig met 'n stuk hoekyster geslaan is, na bewering deur 'n werknemer.

POLOKWANE – Duroc Foods verkoopsbestuurder Gerrit Venter sterk baie goed aan nadat hy vroeër die maand herhaaldelik in die gesig met ‘n stuk hoekyster geslaan is, na bewering deur ‘n werknemer.

Venter sterk nou in ‘n hospitaal in Pretoria aan waar hy verlede Donderdag ‘n breinoperasie ondergaan het. Volgens sy dogter, Mariska Vogel, het hy Sondag vir die eerste keer self begin eet.

“Die dokters is baie tevrede met my pa se vordering en ons kan nie genoeg dankie sê vir al die boodskappies en gebede van die mense van Polokwane nie. Julle het ons waarlik deur die moeilike tyd gedra,” het sy gesê.

Daar word verwag dat hy ten volle sal herstel. Hy sal egter nog operasies aan sy gesig moet ondergaan.

Die werknemer wat hom na bewering aangeval het, Sipho Lekgoathoane (34) het verlede Maandag voor die Polokwane landdroshof op ‘n aanklag van poging tot moord verskyn. Hy is borgtog geweier en sal weer op 24 Maart verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button