Local NewsNews

Inwoners werk saam om geld vir tehuis te maak

Eeufeeshuis inwoners en dagbesoekers geniet dit om besig te bly met die maak van produkte wat bemarkbaar is.

POLOKWANE – Eeufeeshuis inwoners en dagbesoekers geniet dit om besig te bly met die maak van produkte wat bemarkbaar is.

Die werk word in Eeufeeshuis se werkswinkel gedoen. Houtbalke word van ou palette gemaak en is dan met bemoedigende woorde versier. Toiletrolhouers en oorgetrekte hangers is ook van die bemarkbare produkte wat hulle maak.

Volgens Willie Jooste, die werkswinkelbestuurder, gaan die geld wat gemaak word met die verkoop van hierdie produkte na Eeufeeshuis toe.

Hulle produkte is ook al by AGS Taberna Dei se jaarlikse kersmark verkoop.

“Ons het onlangs ‘n klomp palette by Ellies gekry, maar ons kort nog om met ons werk aan te gaan,” vertel hy.

Skenkings kan by Eeufeeshuis afgelewer word of skakel Jooste by (015) 291 1787.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button