Local NewsNews

KANSA stop inwoners in tronksel

Die Kansa Jail and Bail-inisiatief is 'n fondsinsamelingsprojek wat aangebied word ten bate van Kansa.

POLOKWANE – Die Kansa Jail and Bail-inisiatief is ‘n fondsinsamelingsprojek wat aangebied word ten bate van Kansa.

Inwoners word kastig gearresteer en dan in ‘n spesiaal-ontwerpde, redelik openbare, tronksel gegooi waar hulle moet bly totdat vriende, familie en kollegas die tronkvoël se borggeld betaal.

Alle fondse wat so ingesamel word gaan aan Kansa wat dit dan diensooreenkomstig aanwend in die versorging en ondersteuning van kankerpasiënte.

Kansa Polokwane het Vrydag hulle Jail and Bail-dag aangebied.

Die tronksel is opgestel in die parkeer-area by Platinum Park, reg voor Rhapsody’s, en die dek van Rhapsody’s is ingerig as prokureurskantore.

Vrywilligers van Kansa het ook daar gesit om borggeld in te neem.

Inwoners is vir verskillende bedrae geld gedagvaar en personeel van Davel, De Klerk en Kgatla asook Henstock en van den Heever Prokureurs het die “dagvaardigings” namens Kansa hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button