NewsSchools

Osie-atlete na SA’s

Vyf leerders van Oosskool is ingesluit in die Limpopo-atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskappe van môre (Donder-dag) tot Saterdag deelneem.

POLOKWANE – Vyf leerders van Oosskool is ingesluit in die Limpopo-atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskappe van môre (Donder-dag) tot Saterdag deelneem.

Drie van die leerders sal in verskeie o/13-afdelings deelneem:

Brandon Cronje neem deel in die werpskyf en gewigstoot-afdelings, Wickus Neethling neem deel aan die 80 m hekkies en Marcelle de Jager aan verspring en die 200 m naelloop.

Karla Kriel en Theuns Jooste gaan aan die hoogspring-item vir o/10 deelneem. Die kompetisie vind in die Paarl plaas en van die leerders se ouers beplan om die langpad aan te durf om hul kinders te ondersteun, terwyl ander uitsien om Kaap toe te vlieg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button