Local NewsNews

Spierkanker kry hom nie onder

Op die oog af lyk Anton Bosman (17) soos enige gesonde tiener, maar hy ly aan 'n baie skaars tipe spierkanker, Rhabdomyosarcoma (RMS).

POLOKWANE – Op die oog af lyk Anton Bosman (17) soos enige gesonde tiener, maar hy ly aan ‘n baie skaars tipe spierkanker, Rhabdomyosarcoma (RMS).

‘n Sarkoom is ‘n kanker van die bindweefsel en kan ook aan spierweefsel heg of om ingewande draai.

Anton se gewas lê op sy blaas. “Die gewas is verlede jaar in September ontdek. Ek het aan sport deelgeneem en pyn in my knieg ontwikkel. Ek het opgehou om aan enige sport deel te neem en na ‘n paar maande begin siek raak. Daarna is ek na ‘n hospitaal in Vanderbijlpark waar die kanker gediagnoseer is,” vertel hy. “Ek was vir ‘n naweek by familie in Vanderbijlpark toe die pyn so erg geraak het dat ek nie meer kon uithou nie, dis waarom ek by daardie hospitaal gediagnoseer is.”

Volgens Anton het sy dokters eers die kanker deur middel van bestraling behandel en nou kry hy chemoterapie. Ook moet hy gereeld fisioterapie kry aangesien die kanker op ‘n senuwee druk wat veroorsaak dat hy gevoel in sy linkervoet verloor.

Ten spyte van sy siekte en behandeling, woon Anton steeds skool by. Hy is in die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

“Die skool is vreeslik ondersteunend. Dit was vir my wonderlik toe leerders my in ‘n kaskar gedra het by die skool se jaarlikse kaskarwedren. Ek waardeer al die ondersteuning ontsettend baie,” sê hy.

Anton is die oudste van drie kinders. In sy vrye tyd speel hy graag Xbox en hy beplan om volgende jaar siviele ingenieurswese te gaan studeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button