NewsSchools

Woordestryd woed onder die sterre

Die verskillende sterrespanne van die Hoërskool Pietersburg het op 20 Februarie mekaar die stryd aangesê tydens die skool se Debat van die Sterre

POLOKWANE – Die verskillende sterrespanne van die Hoërskool Pietersburg het op 20 Februarie mekaar die stryd aangesê tydens die skool se Debat van die Sterre, waar kwessies aangaande die skool se beleid oor die dra van skoolklere by verskillende geleenthede onder bespreking gekom het.

Die Debat van die Sterre is net een van die geleenthede waar die sterrespanne mekaar die stryd kan aansê gedurende die jaar.

Die sterrespanne het onder die leiding van Arouna van der Walt in spanne van vier teen mekaar te staan gekom en elkeen het die geleentheid gehad om sy punt te stel en dan ook te verdedig indien daar ‘n vraag van die oposisie sou wees.

Die wenner van die debataand was die Saturnusspan.

Related Articles

Back to top button