Drie van Oosskool se leerders het die naweek uitstekend presteer in verskillende sportsoorte.
Twee van die leerders, Brandon Cronjé en Carla Kriel, het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse laerskole atletiekkampioenskappe in die Paarl.
Cronjé het ‘n derde plek gewen in die o/13-gewigstoot vir seuns en Kriel het ‘n tweede plek verower in die o/10 hoogspring vir meisies.
Die twee leerders sê hulle is baie trots en voel geëerd om die skool te kon verteenwoordig.
Van die skool se rugbyspanne het ook deelgeneem aan die Konkatoernooi net buite Rustenburg. Daar het ongeveer 24 spanne van verskeie skole deelgeneem aan die toernooi.
Oosskool het deurgedring tot die finaal, maar het verloor teen Hennops-park Primêre Skool.
Agt-jarige, Devon Janse van Rensburg is gekroon as speler van die toernooi.
Janse van Rensburg sê hy het sy hart uitgespeel en is baie bly dat hy die skool se naam kon hoog hou deur die speler van die toernooi te wees.




