NewsSchools

Pieties ry Lafenis aan na al hul sportbyeenkomste

Hoërskool Pietersburg verkoop gereeld water met hulle eie handelsmerk asook koeldranke by sport- en ander byeenkomste wat die skool aanbied.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg verkoop gereeld water met hulle eie handelsmerk asook koeldranke by sport- en ander byeenkomste wat die skool aanbied.

Die sukses van hierdie verkope het ‘n behoefte laat ontstaan om vir die skool ‘n eie koeldrankwaentjie aan te skaf.

Een van die skool se ouers en ingenieur, Johan van Rensburg, het ‘n unieke koeldrankwaentjie aan die skool geskenk.

Volgens PHS se media-skakelbeampte, Anna-Marie Schoeman, is die waentjie in Oos-Londen gebou waarna dit per trein na Johannesburg vervoer is.

Van Johannesburg is die waentjie na Polokwane gesleep waar dit aan die skool oorhandig is.

“Ons het die waentjie Lafenis gedoop. Dit is heeltemal padwaardig en kan gebruik word om enige verkope te hanteer,” het Schoeman vertel.

“Die waentjie is baie handig en sal met groot vrug by PHS aangewend word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button